Richard Attenborough

Richard Attenborough
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Attenborough by die filmfees in Toronto, 2007

Geboorte 29 Augustus 1923
Cambridge
Sterfte 24 Augustus 2014
Londen
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Beroep(e) Akteur, regisseur, vervaardiger
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Richard Samuel Attenborough (29 Augustus 1923 – 24 Augustus 2014), Baron Attenborough, was 'n Britse akteur, entrepreneur en rolprentmaker.[1] Attenborough is in Cambridge gebore. Hy word beskou as een van die steunpilare van die Britse rolprentbedryf oor sestig jaar. Sy gewildste rolprente is onder meer Jurassic Park, Miracle on 34th Street, Brighton Rock en die Great Escape. Hy het 'n Oscar gewen as regisseur van die rolprent Gandhi (1982). Sy broer was die natuurnavorser sir David Attenborough.

Hy was die president van die Royal Academy of Dramatic Art (RADA) en die British Academy of Film and Television Arts (BAFTA), sowel as die lewenspresident van die sokkerklub Chelsea FC. Hy het tydens die Tweede Wêreldoorlog by die Britse Lugmag aangesluit en het in die rolprenteenheid gedien. Hy het verskeie bomaanvalle oor Europa onderneem en aksie vanuit die posisie van die agterskieter verfilm. Hy was ook die ouer broer John Attenborough. Hy was van 1945 tot sy dood met die aktrise Sheila Sim getroud.

In 1952 het hy op die West End-verhoog verskyn, met die rol van speurdersersant Trotter in Agatha Christie se The Mousetrap, wat sedertdien die wêreld se langste toneelstuk geword het.

Vir sy regisseurs debuut in 1969 se Oh! What a Lovely War, is Attenborough genomineer vir 'n BAFTA-toekenning vir beste regie. Hy is ook genomineer vir sy films Young Winston, A Bridge Too Far, en Cry Freedom. Hy het in 1983 twee Oscar-toekennings vir Gandhi gewen: Beste prent en Beste Regisseur. Die BFI het Gandhi as die 34ste beste Britse rolprent van die 20ste eeu gerangskik. Attenborough het ook vier BAFTA-toekennings, vier Golden Globe-toekennings en die 1983 BAFTA-genootskap gewen vir lewenslange prestasie.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne